Lelanie Smuts wen Van Rensburgs Foods vleis ter waarde van R12 000 in SKKK-kompetisie!

E-mail Print PDF

Die gelukkige wenner van die R12 000 vleisprys wat ten bate van die Suid-Kaap Kinderkoor deur Van Rensburgs Foods en Margot Swiss geborgs is, Me Lelanie Smuts, is oorstelp van vreugde met haar prys. Volgens Audrey Starbuck van Van Rensburgs Foods moes Lelanie na die trekking verskeie kere verseker word dat sy die gelukkige wenner is. Eers nadat Lelanie teruggeskakel het om weereens haar wen te bevestig, het dit ingesink. “Dit is ‘n ongelooflike prys om te wen en ek voel baie geseënd. Ek is reeds ‘n lojale kliënt van Van Rensburgs en wil hulle en Margot Swiss graag hartlik bedank vir die borg van die kompetisie.” het Lelanie tydens die oorhandiging van die prys gesê. Die wenner van die R1000 prys vir die persoon wat die meeste kaartjies verkoop het is Michelle Grobler.             

Die kompetisie het ‘n stewige bedrag ingesamel wat die Suid-Kaap Kinderkoor in staat gestel het om die  Wêreldkoorspele in Letland by te woon. Van Rensburgs Foods en Margot Swiss is saam met die gemeenskap van George trots op die koor se puik prestasie by die spele en is bly dat hulle ‘n bydrae tot die koor se sukses kon lewer.

FOTO: Lelanie Smuts (regs) ontvang haar prys van R1 000 vleisbewyse vir 12 maande van Audrey Starbuck van Van Rensburgs Foods

Last Updated on Monday, 01 September 2014 22:50

Thank you very much from Bethesda, George.

E-mail Print PDF

To Van Rensburgs Foods:
Thank you very much from Bethesda, George.
Your support, generosity and assistance make a huge difference in the lives of the clients that we deliver a service to. Thank you for the kettle and toaster that you donated. On behalf of Bethesda’s staff, children & patients we thank you greatly for being part of our vision to provide holistic, compassionate and sustainable care that improves quality of life.

Last Updated on Tuesday, 15 July 2014 02:05

Geurige bredies en heerlike oonbraaistukke – Van Rensburgs Foods se verweer teen die winterkoue!

E-mail Print PDF

WinterkosDie winter is op ons en die koue begin nou behoorlik sy kloue inslaan. ‘n Vinnige draai by Van Rensburgs Foods in George sal jou gou laat besef dat die winter eintlik ‘n heerlike knus tyd van die jaar is, wanneer ‘n mens jou huismense behoorlik met geurige, warm gesinskos kan bederf.

‘n Mens raak sommer begeesterd met die vele vars vleissnitte op Van Rensburgs Foods se rakke, wat dit moontlik maak om stomende bredies, warm kerriekos, heilsame oondbraaistukke en ander koesterkos met gemak te kan voorsit.

Daar is liplekker Bülida LAM stowesnitte waarmee bredies en kerries opgetower kan word.

‘n Heerlike oongebraaide Lamsboud of ‘n oongebraaide ribbetjie is in die wintermaande ook nie te versmaai nie  ‘n Paar aartappels en warm groente daarby en jy sit aan vir ‘n koningsmaal. Onthou ook dat  Bülida Kwart Spesiale Lamspakke nou elke Dinsdag teen ‘n ongelooflike  R55.95 kg aangebied word.

Behalwe vir die handige Bülida varkvleispakke is daar blokkiesvleis vir ‘n heerlike, romerige goulash en selfs kerrievarkvleisblokkies waarby jy net ‘n blikkie tamaties voeg vir ‘n besonder geurige pot kerrie! Oondbraaistukke sluit Boston Butt, ontbeende varknekke en -boude, asook oondbraai-bladstukke in. Daar is niks so vertroostend in die winter as die geur van ‘n oonbraaistuk wat die kombuis vul nie en ek hoor al hoe daar gevra word : “Hoe lank nog voor ons eet?” Bülida Pork is alreeds bewys as ‘n gunsteling handelsmerk en bied soveel lekker, bekostigbare opsies, veral as mens in ag neem dat sekere Bülida PORK produkte nou teen ‘n spesiale prys aangebied word!

Sopvleis, bees-goulash en potbraai beesvleissnitte (o.a. Silverside) is ook hier te vinde. Kyk gerus in die rak langs die sappige steaks! ‘n Mens kan kwalik die wintermaande voorstel sonder ‘n ou veelsydige staatmaker: Maalvleis is ideal vir daardie smaaklike bobotie, ‘n bak vol lekker lasagne of ‘n heilsame herderspastei en onthou: Maandae is maalvleis teen ‘n spesiale prys beskikbaar.

 

Winter is ook rugby-tyd  en wie kan nou sy gunsteling span ondersteun sonder ‘n lekker stuk biltong? Beesbiltong, wildsbiltong, droëwors en nou selfs Bülida PORK snoephappies is altyd beskikbaar en ook daar bied Van Rensburgs Foods u die opsie om tydens Woensdae se Markdag te bespaar – biltong word dan teen ‘n verminderde prys aangebied!

Vir ‘n geurige, warm werksmiddag-ete  kan jy jouself onder andere bederf met ‘n heerlike lamsbredie of Basie se smaaklike Kerrie-afval vanuit die Kombuiskosafdeling. En as die tyd jou inhaal kan jy namiddag gou inloer en huis toe gaan met ‘n bak vol klaargaar bederfkos vir jou gesin. Die hoenderpastei is veral ‘n groot gunsteling by die verbruikers!

Soos die Engelsman sal sê: Bring it on – want Van Rensburgs Foods se smullekker,veilige vleis sal sommer gou klaarspeel met die winterkoue!

Smaaklike ete!

*Verskeie  winterkos-resepte is gratis in die winkel beskikbaar. 

Last Updated on Sunday, 22 June 2014 18:21

Van Rensburgs Foods se Bülida PORK is Plaaslike, Smaaklike Varkvleis van uitmuntende gehalte!

E-mail Print PDF

Bülida PORK is vinnig besig om ‘n gevestigde handelsnaam in die Suid-Kaap te word en diegene wat vertroud is met die produk is dit almal eens: Die smaak en gehalte van Bülida PORK is ongeëwenaard en is beslis die nommer een vars varkvleis-keuse!  Bülida PORK is een van  Van Rensburgs Foods se vlagskip handelsmerke en spreek duidelik van die sorg waarmee daar met die produk omgegaan word en die waarborg dat die kwaliteit van die produk keer op keer dieselfde bly.

 

  

 

Van Rensburg Boerdery bedryf al vanaf 1984 ‘n suksesvolle varkboerdery op die plaas Bülida, net buite George. Vandaar die naam Büllida PORK (Bülida verwys na ‘n appelkoosboom variëteit en word uitgepreek as Boe-lie-da). Jare se ondervinding en kundigheid word deesdae op Bülida ingespan om onder optimale omstandighede plaaslik smaaklike, veilige vleis te produseer, prosesseer en te verwerk. Moderne, ekovriendelike boerderymetodes word gebruik en die prosesseringsfasiliteit op Bülida word as een van die mees moderne eenhede in die land beskou. Streng veiligheidsmaatreëls geld en onafhanklike vleisinspeksies word gedoen om ‘n 100% veilige produk te lewer. ‘n Tenvolle gekwalifiseerde Fleischer Meister ontwikkel met groot toewyding verder al die heerlike produkte wat baie bekostigbaar aan die verbuikers van George gebied word. Dit is voorwaar ‘n voorreg om sulke uitmuntende kwaliteit vars varkvleis vanaf ‘n plaas net buite George beskikbaar te hê – en dit teen ‘n uiters billike prys!

 

Die verbruikers in George word verder bederf met die uitgebreide keuse van smaaklike vars Bülida produkte wat jou gewone snitte, asook die volgende insluit:

  • Afgerande gesondheids-snitte
  • Liplekker Buitelug Braai produkte
  • ‘n Groot verskeidenheid gerookte produkte en kouevleise
  • Ideaal-vir-onthaal snitte

 

  

 

As mens in ag neem dat varkvleis wêreldwyd die nommer een vleiskeuse van verbruikers is en dat dit as ‘n gesonde witvleis geklassifiseer word, is dit hoogtyd dat ‘n uitstaande produk soos Bülida PORK sy regmatige plek op die verbruiker se bord inneem. Toe daar onlangs tydens ‘n meningsopname aan klante gevra is wat hulle dink Bülida PORK onderskei van ander varkvleis was die antwoord van die meeste respondente omonwonde : Die smaak daarvan! Voeg daarby die feit dat varkvleis ‘n uitstekende bron van volledige proteïne is en aanvaar word as ‘n voedingsryke kossoort moet Bülida PORK oorweeg word as deel van jou gesonde eetplan – jy sal gou saamstem … mens kry goed, beter en dan kry mens Bülida PORK!

 

Kyk uit vir die gratis Bülida PORK respite in die winkel.

Last Updated on Wednesday, 23 April 2014 01:04

Introduction

E-mail Print PDF

 


 

Van Rensburg Foods - More than just a butchery!

Walking into Van Rensburg Foods just off Courtenay Street in George is like entering into the meat haven of your dreams. Well-lit, with meat and meat related products stylishly displayed, it presents you with a real shopping experience where a clientele that has been built up over 67 years pack their trolleys on a daily basis. Van Rensburg Foods is constantly evolving as a premier food store as it strives to keep up with modern trends and the eating and shopping needs of its clients.

 

Safety and hygiene are paramount at Van Rensburg Foods who through their own extensive farming operation, extremely high selection process and quality control measures at their own abattoir (the most modem facility in South Africa), take pride in the fact that all their products carry (he 'Approved Safe Meat' stamp of approval.

 

Customer-friendliness is evident in terms of the careful design of the shop layout which ranges from a huge mouth-watering selection of meats which run the length of the shop in refrigerated display units, in which Van Rensburg's own Bülida Best Lamb and Premier Beef products as well as a selection of steaks, chops, chicken, boerewors (including Kudu), braai packs, as well as pre-cooked meats and much much more are awaiting your selection.

 

A full-on butchery section allows you to have your selected meats trimmed and cut to size, whilst frozen products are also available as well as a selection of deli products, breads and freshly packed vegetables. Van Rensburg Foods has created a very popular Biltong counter where the choices confronting you are immense with the new chilli Biltong proving to be a real winner. Flanking the biltong counter is the 'Kombuiskos' where freshly made food is prepared each and every day. Whether it's a take-away breakfast or lunch, the aroma of the food on offer is all too inviting - it's more a question of what not to have.

 

The kitchen is also able to cater for functions and parties with the Goulashes, Pastas and the Bobotie being much in demand. For those with a sweet tooth there is a confectionery section offering a wealth of local delicacies, followed by a well-stocked wine section offering a selection of local wines, one of which will assuredly complement your chosen meat purchases. Vans Rensburg Foods has developed over the years into a veritable 'Food Destination' where the majority of your shopping needs can be catered for.

 

Such is their reputation that many people who live out of George, as well as passing through tourists, arrive with a cooler box and only leave once it's full, because they know that at Van Rensburgs they will get top quality and affordable products. Once the shopping is done, it's then time to pop upstairs and experience the delights of Kafe Serefé which is an integral part of the Van Rensburg business set up. 

 

This quaint Turkish themed restaurant provides an authentic atmosphere and only serves the best quality meats from Van Rensburgs, with the variety of highly affordable dishes proving ever popular with both locals and tourists alike, the lamb being a 'must try' choice.

 

Above all if you want to pre-order your Xmas meats. Van Rensburgs will prepare all your requirements which you can then collect on the given date, assuring friends and families of a feast that they will long remember.

Paul Weavers - Garden Route Investment

Last Updated on Friday, 22 August 2014 00:07
RSS