Pasta met Ham en Room

E-mail Print PDF

 

Vinnig, maklik, bekostigbaar en tog te lekker!
 
Berei ongeveer ‘n halwe pak pasta voor deur dit te kook.
Braai die volgende saam in ‘n klein bietjie olie:
250 gr ham, 1 groenrissie, 1 pakkie sampioene, 1 gekapte ui en knoffel na smaak
Voeg dit by die gaar pasta en roer goed deur. 
Voeg 250 ml room by en verhit oor lae hitte tot die sous verdik. 
Roer gedurig.
Geur met sout en swartpeper.